Monday, 8 August 2011

Lorraine Mongale (was Koloane)

Ons hoof Ontvangsdame is Lorraine Mongale.  Ek het haar gevra om oor haarself vir my te skryf en ek gee dit graag weer presies soos sy dit vir my geskryf het.

x                         x                         x

Pa - Michael Crisp - Born 05/09/1957
Ma - Maria Makwakwa Koloane - Born 10/05/1957

My pa en ma  was was nooit getroud nie,het nie rerig my pa geken nie.  Ek onthou net n paar kere wat hy my kom sien het, ek was dalk 5 jaar oud.  Hy was toe in n ongeluk (bus driver) en toe dood gegaan.  My ma was altyd weg, in Vrystaat gewerk, ek het saam met my ouma en oupa gebly (ma se kant)  Hulle het vir my baie geleer.

Oupa - William Mogorotsi Koloane - born 16/12/1919 -hy was Tswana.
Ouma - Lizzie Koloane (nee Johnson) born 03/08/1923 sy was coloured, het my Afrikaans geleer.

Ons het gesukel, dit was nie maklik nie want daar was n paar kinders om groot te maak. Ek moes soms sonder kos skool toe gaan.  Maar my ouma het altyd vir my liefde gegee en dit is die grootste geskenk ooit.
My oupa was nie n maklike persoon nie, hy het baie gevloek as hy gedrink het maar hy het nooit my Ouma geslaan.
Oupa(pa se kant) Robert Behrens Crisp born 27/02/1927
Ouma - Elizabeth Crisp - born 21/06/1921

Ek weet nie veel van hulle nie.  Ek het n paar keer gaan kuier toe ek nog klein was.  Al wat ek onthou is my Ouma se glimlag.  Hulle was van Magogong in North West.  Originally van Engeland.

Lorraine se Ouma
My Ouma en Oupa (Koloane) van Barkley West, toe trek hulle Pampierstad toe.  Ek het skool begin in Pampierstad tot std 8, toe kom ek Pretoria toe vir std 9 en 10.  Ek het n suster Letitia Koloane en n boetie Isaac Koloane.  My ma het dood gegaan toe ek 22 was.  Ek moes toe na my boetie en sussie kyk, dit was moeilik maar where theres a will theres a way.

Die een in die rooi rok is haar ma
Ek het in Pretoria in 1994 beland agter my boyfriend gegaan.  Ek was toe 17 jaar oud, was moeg vir Pampierstad en die gesukkelry.  Ek het vir n beter lewe en oppurtunities gehoop.  Ek het toe my eerste kind op 17 gehad, was n fout maar  dis n fout that I have come to appreciate so much.   Ek is nou 34 en sy 17, haar naam is Mosa Mongale.  Pragtige skaam meisie.  Ek en my boyfriend het toe getrou in 2001.  Toe word ek Mev Mongale.  Om getroud te wees had its up and downs.  Was moeilik en hartseer.  Ek het seker ook my foute gehad.  Ek het toe my 2de dogter in 2004 gehdad.  Ek was getroud en ouer, ek het gehoop die lewe sal dan beter gaan maar ek was verkeerd.  Haar naam is Morati Mongale.  Sy is nou 7 jaar oud.  Ek is so lief vir hierdie twee meisies, ek sien nie nog kans om nog n kind te he nie.  Ek het toe besluit om te skei in 2006, na ek my beste probeer het om dit te lat werk.

Toe moes ek van die begin af gaan begin, ek het mooi niks gekry uit my skei nie.  Ek moes n eenslaapkamer (tinhouse) rent vir so drie maande, maar ek was vir die eerste keer weer happy.  Ek het nie eers n bed gehad om op te slaap nie.  But then things started shaping up, for the better.  En soos hulle se the rest is history.

My Werk

Ek sit een woensdag middag in die sonetjie.  Dit was baie koud (2001) Junie.  Ek kry toe n oproep van iemand af ek moet n certain Mrs Nel bel vir n moontlike job.  Ek het toe dadelik na die publiek fone toe gegaan om mrs Nel te bel.  Ek het toe 25 Junie 2001 begin werk.  Dit was die grootste breuk wat ek ooit gekry het.  Ek was clueless, niks geweet, my eerste job.  So het ek geleer, van om die vloere te mop op na die hoof ontvangsdame.  My werk is die enigste ding that keeps me going.  I love my job so so much, ek weet wat sal ek met myself doen as ek my werk moet verloor nie.  Ek sien so uit om  elke dag by die werk te wees.  Ek voel soms dat daar nie genoeg ure in n dag is nie.  My Baas DR PJ NEL, hy is die beste.  Easiest baas ever.  Al wat jy hoef te doen is om jou werk behoorlik te doen dan is hy happy.  Ek hou van om met mense te werk, te help, dit gee my plesier.  Dit wys my dat aan die einde van die dag ons is almal dieselfde.  Ons het almal ons eie probleme.

Die lewe is te kort om nie te glimlag nie.

x                        x                          x

Lorraine werk nou 10 jaar vir die praktyk.  Sy het onder begin en het haar self opgewerk.  Sy was gewillig om in die begin die vloere te mop en gewillig om als wat sy kon leer te leer.  Vandag is sy vaardig met die computer, sy doen ons internet, help die pasiente met al hul navrae, haal steke uit, help met gastroskopies.  Sy's altyd vriendelik.  Sy is altyd netjies.  Ons is trots dat sy ons hoof ontvangsdame is, want sy verdien dit.



Wednesday, 22 June 2011

Nanny - hoe kies jy een?

Ek help my skoondogter die afgelope maand om n nanny te soek vir ons eerste kleinkind wat in Augustus gebore word.

Ek doen navraag.  Vra by die gim.  Vra by die tennis.

By die gim is n vrou wat nounet n nanny vir haar gekry het.  Sy gee my n nommer van een kandidaat wat sy nie gevat het nie.  Ek bel haar.  Sy klink baie gretig vir die werk.  Sy bly in Shoshanguwe.  Het n baba van drie maande en sal moet donker opstaan as sy wil kom werk.  Wat as sy nie betyds in die oggend is nie?  Wat as haar eie kind siek is.  Ons se vir haar ons sal haar laat weet .........

By die tennis is n vroutjie wat getroud is met n ambassadeur.  Hulle vertrek die einde van die maand terug na hul geboorteland.  Ek vra oor haar nanny.  Sy kom van Zimbabwe, het n kind nog daar.  Is nie getroud.
Bly by haar vriend wat by die ambassade werk.  Wat nou as die nuwe ambassadeur kom en hul wil haar in diens neem?  Sys vriendelik skoon en teruggetrokke.  Ons se vir haar ons sal haar laat weet........

Intussen registreer my skoondogter op die internet om kandidate te kry vir au-pair.  Sy kies vier en ons reel onderhoude.

Die oulike vrou, ook van Zimbabwe, is vriendelik slim en sekerlik bekwaam.  Sy vra waar bly my skoondogter.  O se sy sy het ook drie jaar daar gebly met haar nuwe man.  Sy ken die kompleks.  Ons vra watse werk het sy gedoen.  Kinders van n familie grootgemaak in Zimbabwe.  Toe sy hulle groet het die een kind gese sy moenie gaan nie, toe antwoord sy hulle kan kontak hou met facebook!  Sy gesels land en sand.  Vertel van liefdadigheidswerk wat sy doen, kursusse wat sy al bygewoon het.  Sy skoon en netjies.
Ons se vir haar ons sal haar laat weet..........

Ons sien n dame in haar veertigs.  Syt vyf kinders, darem al taamlik groot.  Is moeg vir professionele werk.  Wil nou net rustig n baba oppas.Sy se sy kan lekker sit en lees as die baba slaap.  Sy werk nie vir geld nie.....  Ons se ons sal haar laat weet..............

Ons hou van die volgende aansoek.  Syt n foto waar sy n baba liefderik in haar arms vashou.  Sys vriendelik en netjies.  Het met die bus gekom en gaan weer met die bus terug.  Haar man pas karre op.  Haar kinders is in die koshuis iewers, die skole hier is nie goed nie.  En wie het die foto van jou op jou CV geneem?
Dis n foto wat sy sommer van die internet afgetrek het.  Die bus loop nie tot by ons nie.  Sy se dit maak nie saak nie sy sal loop.  Sy sal na-ure werk, naweke net soos dit vir die werkgewer sal pas.
Ons se ons sal haar laat weet .........

n Dame in haar twintigs is die laaste aansoek.  Sys geskei, twee kinders van 3 en 8 jaar.  n Vriend laai haar
af vir die onderhoud.  n Ander vriend kom haal haar na die onderhoud.  Sy skoon, netjies en intelligent.
Syt nie werk nie, is lief vir kinders.  Sy bly ver, by vriende.  Sal nader kom bly as sy die werk kry, by ander vriende.  Sy se sy het n kar.  Maar syt nie met die kar gekom nie.
Ons se ons sal haar laat weet..........

Wie kan jy met jou kosbaarste besitting vertrou??????

Tuesday, 21 June 2011

Carolina Elizabeth Nel - my dogter

Lisca in haar gehekelde dooprokkie toe sy die dag gedoop is. (sy het moeg geword vir al die gedoentes)
Vandag is die 21ste Junie, die kortste dag van die jaar en ook my broer, Attie Heunis se 53ste verjaardag.
Maar vrydag die 24 ste Junie is my oudste dogter se verjaardag.  Sy is gebore op n Vrydagoggend om 7vm in die ,daai tyd genoemde, "Nuwe Moedersbond".  Dr Wilhelm Nel het met die bevalling gehelp en soos sy altyd se dit was n tangverlossing en het 6,9pd geweeg.My man Philip, het my na die hospitaal geneem in sy eerste kar, n wit Cortina.  Die voorste sitplek was los en elke keer as hy stop het die sitplek vorentoe of agtertoe geval.  Ons hoef egter nie so ver te gery het nie want ons het daai jare in Arcadia gebly.  Die adres was Lisdoganstraat 190.

Op die 6e November 1977( die jaar wat sy gebore is) is sy in die Oos-kerk deur ds Erasmus gedoop.  John Vorster, die huidige premier, was ook in die kerk omdat die ministers almal daai jare in Goewermentlaan gebly het.  Jacqueline, my man se broer Johan se oudste dogter, het haar in die kerk ingedra.
Omdat ek maar baie onervare was moet ek se ek het maar gesukkel om haar groot te kry.  Elke drie jaar daarna was eers haar broer, Philippus, en toe haar ander broer Johan, en vier jaar daarna haar sussie, Carissa gebore.

Lisca moes van die begin af help en het sy al die jare sterk leierseienskappe getoon.  Johan se nounog dat sy mooi tafelmaniere te danke is aan Lisca.  Syt begin in n speelgroepie saam met haar destysdse maatjie Amir Zarrabie by Marietjie van Dyk.  Daarna is sy Eastern Suburbs kleuterskool toe waar Nannette Viviers haar maatjie was.  Lisca het naar geword van macaronie en mag hulle nie nagereg gekry het as hul nie hul kos opgeeet het nie.  Nanette het Lisca se macaroni geeet sodat sy jellie kon kry.

Haar laerskooldae was in Pretoria-oos laerskool waar sy heel vreemd was.  Eendag het sy vir my gese hul moes pawiljoen toe gaan maar syt nie geweet wat is "pawiljoen" nie.  Syt heel goed in atletiek gedoen en het saam met drie baie goeie atlete een jaar n gou medalje met aflos gewen by die interskole atletiekbyeenkoms.
Die atletiektye was ook nie sonder spanning nie.  Ek het n vyfsent stuk aan haar broekie vasgewerk sodat sy my kan bel as sy moeilikheid het.  Met atletiekbyeenkomste moes sy in die bus ry en ek met my kar agterna.
Syt kort kort kom kyk of ek nog daar is.

Haar hele lewe wou sy haar beste lewer.  Met enige kompetisie wou sy graag wen.  Op laerskool was sy die onder-hoofmeisie en op hoerskool, Girls High, was sy ook op die leerlingraad.  Ons albei het n baie moeilike tyd gehad toe sy na n Engelse Hoerskool toe is.  In die huis het ons net Afrikaans gepraat.  Ek, komende van die platteland kon glad nie Engels praat nie.  Joha Grobbelaar was hier haar beste vriendin.  En is dit vandag nog.

Hier het sy haar eerste liefde vir tennis gewys
Omdat my man van n tennisspelende familie kom het ek ook gesorg dat Lisca tennis lesse neem.  Sy was n baie hardwerkende speler en het op Hoerskool vir Noord-Transvaal gespeel.  Sy kon na matriek in Amerika gaan studeer en tennis speel maar die stap was te groot vir haar.  Syt medies gaan swot en ons twee het saam die pad gevat.  Syt geleer en ek die ondersteuning gegee wat ek kon.  Was nie altyd maklik nie.  Ons twee het na sy gekwalifiseer het vir n week Egipte toe gegaan en die wonderlikste vakansie saam
gehad.

Lisca deur haar ma uitgeput in Egipte
Aan die begin van haar gemeenskapsdiensjaar het sy met Philip Mostert getrou op die 9e November.  Sy was n lieflike bruid en het ook in die Oos-kerk waar sy gedoop is getrou. Ds Pieter Badenhorst het hulle getrou.


"Maar eenmaal in die lewe
kom die liefde weergaloos;
en eenmaal in die gaarde
blom volmaak ------ n wonderrroos"     (AGVisser)

Hierdie jaar het Lisca gekwalifiseer as Anatomiese Patoloog.  Syt als wat sy kon ingesit om n sukses van hierdie studies te maak.  Te verstane dat sy "Cum Laude" geslaag het.  Ons is baie trots op haar.


"Dreams come true ....
if you make them.
You have to do the work."   John Coleman

Ons het n baie spesiale band.  Ons verstaan mekaar, gee om vir mekaar, is lief vir mekaar.  Die onsigbare naelstring sal seker altyd daar wees. 
Ek haal Kahlil Gibran se woorde aan:
Julle kinders is nie julle kinders nie.
Hulle is die seuns en dogters van die Lewe se verlange na lewe.
Hulle kom deur julle maar nie van julle nie
En al is hulle by julle behoort hulle nie aan julle nie.

Julle mag hulle julle liefde gee, maar nie julle gedagtes nie,
Want hulle het hul eie gedagtes.
Julle mag hulle liggame huisves, maar nie hulle siele nie.
Want hulle siele woon in die huis wat julle nie kan besoek nie,
nie eens in julle drome nie.
Julle mag strewe om soos hulle te wee,
maar moenie probeer om hulle soos julle te maak nie.
Want die lewe beweeg nie agteruit nie,
nog minder vertoef dit met die dag van gister.

Julle is die boe waaruit julle kinders soos lewende pyle geskiet word.
Die Boogskutter sien die doelwit op die pad van die oneindigheid,
en Hy buig julle met Sy mag sodat Sy pyle vinnig en ver mag trek. 
Laat julle tot blydskap in die hand van die Boogskutter gebuig word;
Want, net soos die pyl wat vlieg lief het,
so het Hy ook die boog lief wat bestendig is.



En so sal ek ook haar ALTYD lief he

Friday, 17 June 2011

ADT - my frustrasie

Ek werk dikwels in n dokter se spreekkamer en moet die frustrasie van pasiente hanteer wat nie op tyd deur die dokter gesien word nie.  Dis selde dat my werkgewer laat begin, indien ooit, maar agv pasiente wat langer neem om uitgesorteer te word (as dit die eerste keer is wat die pasient die dr sien weet mens nooit wat hom makeer nie.  Soms net n moesie wat hom pla, soms meer ernstig en wat meer tyd neem)

Maar dit is nie waaroor ek wil skryf nie.  Ons het laas jaar ADT gevra vir n kwotasie om ons alarm  op te gradeer aangesien volgens hulle ons sisteem glad nie voldoen aan die nodige veilige vereistes nie.  Ons het ons huis gerestoreer en elke keer het ADT die alarmstelsel kom herstel teen kostes.  Elke keer was dit n ander tegnikus wat uitgestuur is wat nie die vaagste benul gehad het wat die vorige persoon gedoen het nie.

Op 14 April het ons n kwotasie gekry vir die opgradering van ons stelsel wat ons aanvaar het.  Op 5 Mei het die tegnikus kom installeer.  n Ander ding van ADT is dat hierdie persoon mag net doen wat op die quote staan.  As daar bv. iewers iets nie reg is nie mag hy dit nie regmaak nie.  Dan moet die verkoper weer n kwotasie kom skryf, jy moet dit goedkeur, n afspraak word gemaak (tegnikuste is baie besig) en in daardie tyd het jy nie n alarm wat werk nie.  Laasgenoemde was dan die geval met ons want die battery was toe te swak om die nuwe sisteem te dra en volgens hulle was daar nie n sirene op die perseel nie. 
Ek weet nie wat die verkoopsman van my gedink het nie (ek is natuurlik n vrou met geen titel nie) maar my goed meegedeel soos dat  die magnete teen n skuifdeur net in wit te kry is want al die mense se aluminium deure is silwer.  Die werker het agterna vir my gese dis nie waar nie, mens kry bruin magnete.

In die tyd wat ons gewag het sonder dat die alarmstelsel werk het ons gelukkig buite beams wat deur n ander persoon geinstalleer is wat ons kon aansit.   ADT hou glad nie daarvan dat jy ander persone gebruik nie, hulle sal bv nie die ander stelsel aan hulle stelsel koppel nie.

ADT se afspraak beleid is ook vir my n frustrasie.  Wanneer n afspraak gemaak is kry jy die dag voor die tyd n sms wat se as jy nie daar is met die afspraak sal jy daarvoor betaal.    My volgende  afspraak met ADT is donderdagmiddag ongeveer 4 uur gereel vir Vrydagoggend 9uur.  Wel dink die mense nie dat jy ook afsprake het wat jy moet na kom nie?  Dikwels is my afsprake 3 maande voor die tyd reeds gemaak.
Ek het die verkoopsman gevra om ons elektrifisering drade ook te toets aangesien niks gewerk het nadat hulle hier weg is nie.  Hy het geweier.  Gese ek moet ADT bel, n afspraak maak, n kwotasie kry en dan sal n tegnikus n afspraak maak en dit kom toets teen koste.  My man het die naweek dit toe getoets, dit het hom net die tyd geneem om twee drade teen mekaar te druk en te wag vir die sirene.

Ek is toe weer geskakel vir n afspraak 17 Mei Dinsdag, vir die finale afhandeling - niemand het opgedaag
nie.  Donderdag die 19e het die werker my geskakel van my hek af om te se hys nou hier om die werk te kom doen.  Ek het my bediende opdrag gegee om vir hom in te laat.

Ons het n lys aan die verkoopsman gegee oor probleem areas en gevra dat hy dit moet teken.  Hyt geweier en gese hy sal dit met sy bestuurder bespreek.  Oor die naweek het my man gedikteer en het ons n mail aan die bestuurder gestuur.

My man het aangedring op n vergadering met die bestuurder, die hoof van die tegniese afdeling en die verkoopsman.  Die vergadering het plaasgevind, die probleemareas is aangespreek en daar is weer uitgekom om alles te kom regmaak.  Vandag 3uur, dit is nou die 17 Junie, sal my man kom vir die formele oorhandiging. So twee maande het dit ons geneem om by hierdie punt uit te kom.

Die rede?  Sou dit wees dat ADT se verskillende afdelings nie goeie kommunikasie het nie?
Sou dit wees dat ons verkoopsman nie opgewasse was vir die taak nie.
Wie is die persoon wat die stelsel moet bestuur en die klient tevrede hou?
Sou dit wees dat ADT dink hul het geen kompetisie nie en hoef nie regtig n goeie diens te lewer nie?

Of evalueer hul n persoon op die meriete dat sy n huisvrou is en dalk onnosel is?  Is ons almal nie deur die selfde Persoon gemaak en vir Hom was dit goed nie?
Ek vra maar net

Friday, 15 April 2011

Paasfees 2011

Pieuter kruis gemaak deur Carin Nel
n Week voor die opstanding van Jesus is dit Palmsondag.  Jesus moes op die palms met sy donkie deur die strate ry om as koning gekroon te word - maar Jesus is na Golgota waar Hy begrawe is.  Jesus is n Koning wat ons dien i.p.v dat ons Hom dien.
Ons moet palmtakke in die wereld uitgooi; Jesus se styl moet ons styl word.  Sak neer op jou kniee en was ander se voete.
Wie is Jesus vir jou?

n Paar jaar gelede het ek die voorreg gehad om die pad van Jesus na die kruis uit te beeld in 15 sketse.
Ek het na n spirituele kreatiwiteitsles gegaan wat aangebied is deur die Oos-kerk en Marina Srydom het die kursus aangebied.  Op 15 ewe groot pieuter vierkantblokkies het ek die sketse aangebring en daarna versigtig elke skets uitgedruk op sagte materiaal , dan opgevul aan die agterkant met was.  Die pieuter is baie sag en kan maklik skeur.
My sketsies het ek op hout gemonteer en word gelees van links na regs.  Ek het ook n kruis vorm op die hout aangebring wat uitstaan.  Die sketsies beeld die volgende uit:
1   Jesus voor Pilates
2   Jesus dra die kruis
3   Eerste val
4   Jesus en Maria
5   Jesus en Simon van Cirene
6   Jesus en Veronica(vlg tradisie vee sy sy gesig met n lap af)
7   Tweede val: Simon van Cirene
8   Jesus en Maria en Maria Magdalena
9   Derde vanl; Simon van Cirene
10  Verwydering van kleed
11  Vasspyker aan die kruis
12   Maria en Johannes
13  Maria by Jesus se liggaam
14  Jesus in Graf (vlg tradisie Johannes en Nikodemus)Nikodemus het n mengsel van omtrent vyftig liter
    mirre en aalwyn gebring waarmee hulle Jesus gebalsem het.
15  Opstanding

Die kruis simboliseer dat paastyd die tyd is wat ons oppad is na Golgota.

 Lydenstyd is veertig dae, waarvan aswoensdag die eerste dag is..  Ons moet in die tyd ons, nes Jesus, voorberei om die wereld in te gaan.
Die Veertigste dag is die saterdag tussen Goeie Vrydag en die opstanding.  Sondae word uitgesluit.
Ons gebed in die tyd is dat Jesus ons sondes moet vergewe.
Jesus het van sy eenvoudige dorpie, Nasaret, gekom om aan die kruis vir ons sondes te sterf.
Hy het opgestaan, sy graf is leeg.  Ons is verlos van ons sondes deur Sy kruisdood.

Mag al die geslagte dit bly glo.

Philip dra die kruis by die Universiteitsoord kerk.
Lied 354
Ek magteloos gebonde
Ek word deur U bevry
ek is bevlek met sonde
U kom en reinig my.

Thursday, 17 March 2011

Kuier by jou kind in Frankryk



Einde September 2010 het Carissa (my jongste dogter) vir sewe maande verhuis na Frankryk om as n onderwys-assistent te gaan skool hou.  Sy moes vlieg van Oliver Tambo na Parys, n bus daar neem na die stasie.  Op n trein klim na Metz, oorklim en n ander trein neem na St Avold.  Daar moet n onderwyseres haar kry omdat daar nie vervoer is van St Avold na Creutzwald nie.  Hierdie dorpie is in die provinsie Lorraine en baie naby aan Duitsland.  Daardie aand was die begin van Carissa se grootmens reis ...... alleen.
Al het haar kleuterskool juffrou op haar rapport geskryf: "Carissa het n sterk wil" het ek danksy Skype gesien hoe broos die mens kan wees.  Sy het al die skoolvakansies gekry en kon orals heen toer wat in  haar begroting sou pas. Alleen.  Sy moes Kersfees vir die eerste keer beleef sonder haar familie en vriende.
Hoewel my drie ander kinders ook in die buiteland gewerk het en ek ook verskriklik na hulle verlang het was hul afhanklikheid  en verlange nie so intens soos Carissa sin nie.

Nietemin, ek en my man het op 23 Februarie 2011 gaan kuier in die Suide van Frankryk, 30 minute van Nice af in n klein dorpie Mougins.  Geen motors word daar toegelaat nie en karre parkeer buite.

  Die koerant wat ek in die vliegtuig gelees het het hoofsaaklik geskryf oor die aardbewing in ChristChurch.
In my tas op die vliegtuig was n vars mango(Carissa het gese sy is so lus daarvoor) n bottel mrs Balls Chutney, n boks vol paaseiers - daai sagtes met die wit en geel marshmellos in, twee bokse semelbeskuit, Frizzers en n pakkie vakuumverpakte droe wors.  En BAIE BAIE liefde.  Gestuur van almal hier in SA.

Carissa soos sy in Frankryk lyk
Ons was n dag voor Carissa in Mougins.  Sy het met die skool getoer in Spanje en vandaar twee verskillende  treine geneem na Cannes. Daar het sy n taxi geneem na Mougins.  Ek en Philip het op die balkon op die derde verdieping van ons apartment gesit en wag vir haar.  By die deur onder het haar mango gehang in n plastieksakkie aan die deurknop.  Elke keer as ek voetstappe hoor het ek opgespring en afgekyk of dit sy is.  Sy het aangekom met haar rugsak op haar rug, n tas met bagasie wat sy sleep, bootse en serp om die nek vir die koue en n kaart van die dorpie in haar hand.  Wat n wonderlike oomblik om my kind weer na 5maande te kon vashou!    Hoeveel keer het Elizabeth Eybers se gebed die laaste tyd deur my gedagtes geflits nie: "o duistere nag, wees goed vir my kind...."

n Franse meisie
Die avontuur het begin.  Ons besoek Cannes, Antibes, Monte Carlo, St Paul de VEnce, Vence. Nice en Grass,  Ons huur n Citroen, Carissa bestuur met die hulp van die Nuvi en sy gooi "Gas"(Diesel) self in.
In Cannes ry ons met die treintjie deur die dorp, gaan na die vars produkte mark en eet "crepes".
In Antibes loop ons langs die see, besoek Picasso se museum en Philip kan nie help om daar (sy altyd favourite) n omelet te eet nie.  Orals neem ek en Carissa fotos. Duisende.

By st Paul de Vence gaan eet ons lunch by "La Colombe D'Or. Daar sien ons n privaat kunsversameling en eet Provensaalse kos.  ons eet niertjies, slakke, foi gras en lambs rack.  In Nice beleef ons die blom karnaval.  Ons sien vlotte met blomme en teen die einde van die optog is al die blomme van die vlotte af gegooi vir die mense.  Almal stap met bosse blomme in hul arms huis toe.  Die wind waai en dit reen ... ons drink hot chocolate!  Ons klou aan mekaar, hou hande vas, lag en loop....  vinnig... al manier om warm te word.  By die huis moet ek vier paar nat sokkies van my voete afkry   ..sies!



Voor ek en Carissa ons parfuum gaan maak in Grass, besoek ons die kunsgallery in die woud buite St Paul de Vence.  Carissa maak haar eie parfuum: " Maude"  en myne is "Catharina" .   Ons gooi 5 ml.  van dit in 5ml van dat, ons meng, gooi oor, ruik lag, neem fotos. Gooi weer paar druppels in van dit en dan van dat.... Philip ondersteun ons.  Help ruik.  Is daar weg met ons botteltjies parfuum wat 10 dae lank nou moet trek, en elke een het n sertifikaat van verdienste ontvang.



Net buite Mougins woon ek en Carissa n kookles by.  "Les Sauses"  Hulle praat net Frans.  Carissa is my tolk.  Ek maak notas.  Carissa neem al die stappe af.  Vleisekstrak word van Fillet gekook,  souse word in dieselfde rigting geroer, temperatuur moet konstant bly.  Ons maak Sauce Bearnaise, Jus de Veau, Derives Jus A LA Maturinis, Jus Infuse A LAneth,Sauce Aioli en Sauce Mornay.  Philip neem kuns  fotos in die tuin met sy I-Phone.  Ons lunch by hierdie pragtige plek.  Ek eet vars Foi gras.  Bo-op die twee stukkies foie grass is piepklein crepes gesit wat dubbeld gevou is.  Langs die kant twee lang waver koekies opmekaargesit met fyn marmelade en bo-op vars mandarin.  Drie kolletjies reduced balsamic en natuurlik bedien met n SOUSIE.

Mougins bestaan net uit restaurante en kunsgallerye.  Jy kan nie bv vars melk of botter daar koop nie.  Net soggens Agtuur kan jy by n plekkie vars gebakte croussants koop.  Saans kies ons n plekkie om te eet, sit by wit tafeldoekies en vars blomme en eet voorgereg, hoofgereg nagereg, Orals praat Carissa frans en die mense se stoer gesigte verander in n glimlag. Neem fotos en hou hande vas.
Neem fotos en hou hande vas.  Tyd vlieg.  Elke aand lui die kerkklok vir die laaste keer 10uur.  In die oggend begin dit weer 8uur.  Carissa was haar wasgoed in die wasmasjien, ons drink koffie saam in die bed.
Saans luister ons musiek, drink wyn en gesels. Wanneer ons terug is bly daar nog sestig dae oor vir Carissa in die vreemde.  Hoe kan sy dit hanteer en die beste daarvan maak?  Ons maak planne.

Maandag die 7e Maart neem ons die kar terug, vat n taxi na die lughawe. Praat niks.  Oe blink.  Ek en Philip vlieg saam na Parys.  Carissa vlieg alleen na Toullouse. 

"o Duistere nag wees goed vir my kind................"

Friday, 28 January 2011

Hendrik Stander Heunis, my pa

Dis, moet ek nogal se, makliker om te skryf oor iemand wat nog deel van jou lewe is.
Moeiliker as die persoon nie meer daar is nie, en al die herinneringe......

My pa was Hendrik Stander Heunis, gebore 9 November 1916 in Willowmore(op die plaas Rooikrans)  Sy ouers was Adriaan Heunis en sy Ma Catharina Susanna Barnardt( dit is natuurlik ook my doopname)  My broer se seun, Stan is natuurlik ook na my pa vernoem.  My oupa Adriaan se ouers was Hendrik Stander en Truia.  My ouma se ouers was Gerhardus en Huibrecht Barnard.
My pa vertel dan sy oupa, Gert Barnardt baie kwaai was.  As n hoenderhaan hom wakker gemaak het met sy gekraai het hy hom laat vang en al sy vere uitgetrek.  As n koei in die lusern land lol het hy n blik om haar kop vasgemaak sodat sy nie kan eet nie en haar in die land gejaag.
Hardus, Stander en Attie
Stander se Ouma Truitjie het by hulle in die huis gebly en help grootmaak aan die agt kinders.  Hulle het almal op n stadium by haar op die bed moes slaap wanneer hulle nog klein was en die volgende baba by sy Ma in die kamer moes slaap.

My pa kom uit n gesin van agt.  Rita(oorlede 17 8 1947 aan borskanker),Gerrie, Phoebe(my peetma), Stander, Hardus, Attie, Noeline en Toy.  Vandag is dit nog net Noeline wat lewe.  Sys in die ouetehuis in Memel.

My pa, Stander, was eers op Vaalplaas op skool waar sy onderwyseres se naam Maryna van Eeden was.   Hulle het haar Skoolmies genoem en was baie lief vir haar want sy het ook by hulle gelosseer.  Later na die Laerskool Graaff Reinet en op Hoerskool in Uitenhage in die ambagskool., waar hy as passer en draaier opgelei is.  Stander was baie na aan sy broer Hardus en hulle het graag tol gespeel, kennetjie, kleilat  en albaster.  My pa het ook n hanslam gehad, Toutit (stouterd) met n swartkop en toe hy sy been gebreek het het hy op die hanslam skool toe gery.  My pa was altyd baie lief vir diere.  As kind het hy n perd persent gekry wat se naam was Whisky.  Baie van die fotos wat ek nog het is my pa altyd saam met n hond afgeneem.  Hy was ook lief om die honde te terg, en altyd gemaak of hy doodonskuldig is.    Op skool het hy  n houtkarretjie van hout gemaak, met wiele van garingtolletjies .  Hulle het nooit genoeg geld gehad nie maar dit het nie saak gemaak nie want almal was arm.  Sy gunsteling storieboek was Robinson Crusoe.
Attie, my broer op breker die perd
My ouma, Catharina Susanna, Ina my sus agter, my pa Stander en voor ek en my suster Jonsie
Stander in die Noorde in Oos-Afrika 1939-1942
Na standerd 8 het my pa by die Spesiale Diens Bataljon aangesluit en is hy opgeneem in die Lugmag.  In 1940 met die tweede wereld oorlog is hy vir twee jaar na Oos Afrika in Kenia en was hy ook 1 jaar in die Belgiese Kongo.  Nadat hy terug gekom het is hy met my ma getroud op die 9e November 1943 en het hy sy ontslag gekoop en op Adendorp gaan bly.  Uit hierdie huwelik is vier kinders gebore: my oudste suster Ina, dan ek,Carin dan Jonsie en laaste, die seun Attie.

Ons familie het op vele plase gewoon.  In Kroonstad, Parys, Standerton, Piet Retief en Amsterdam.  My pas was n boer en my ma moes dikwels inspring en gaan werk het in die dorp om die pot aan die kook te hou.  My ouers het tot die dood bymekaar gebly al het die hare soms in hierdie huwelik gewaai.  My opinie was later jare dat my pa n sterk persoonlikheid gehad het maar my ma was intelligenter as hy en dit was die oorsaak van vele rusies.  Nietemin was daar net een plek waar ek as kind wou wees en dit was by my ouerhuis.

Ek het die liefde wat my pa vir boeremusiek gehad het van hom geerf.  Chris Blignaut was een van sy gunsteling sangers en Outa in die langpad sy gunsteling plaat.  Hy en my ma het ook graag saam gedans en a.g.v die dansery in die Berea saal kon hul al die verskillende soorte boere danse dans.

My pa het tot sy dood op 17 9 2000 voluit gelewe.  Hy het hom nie deur enige iets laat afsit nie.  Hy was n groot sterk man wat min emosie getoon het.  Later jare was dit vir my of ek hom bietjie beter verstaan het, hy het ook sagter geword.  As ek hom soms bel en vra wat doen Pappie vandag dan se hy hy gaan  begrafnis  toe vanmiddag, en dan se ek maar wat doen Pappie vanoggend dan se hy hy maak reg vir die begrafnis.  Hy was lief om met sy hande te werk, lief om rond te ry en sy grootste liefde was mense.  Hy kon dae om kuier.  As ek soms in die groente winkel rond loop en die guavas ruik, dan verlang ek na hom.
Dan dink ek dat hy te vroeg dood is.  Hy was so gesond tot die aneurisme operasie die einde van sy lewe beteken het.


 Op sy begrafnis het Attie die volgende gelees: (dit gee jou vrede en troos)

In die aand Het Jesus hom kom haal
die volgende dag was die hemel blou
verruklik mooi die natuur se praal
en steeds blinkend blou

sou jy jou ore spits kon jy dalk hoor
die vreugdevolle tuiskoms van n kind
in die hemel weerklinkend n engelekoor
uitgedra op die vlerke van die wind

In God se liefde is hy ewig geborge
ondervind hy heerlike vrede en rus
sonder pyn, sonder kommer of sorge
aan Sy Heiland se bors gesus.

Tuesday, 4 January 2011

Cape st Francis geskryf des 2010

Archie en Jack is die oujongkerels wat Maude Nel, my skoonma en my kinders se Granny, se broers was.
Hulle het in 1968 , die jaar toe Boelie(die seun van Johan(my man Philip se enigste broer) en Sonja) gebore is, die erf hier in Cape st Francis gekoop by Arnold Coetzee vir R5000.  Daar was net twee Fishermen Shacks op en na n jaar het John Booysen die huis gebou vir R18000.  Die hout  balke is nie reg ingesit nie en daarom vibreer die vloer altyd as jy daarop loop.
Johan en Sonja het met hul kinders en ook die twee ooms vir al die jare hier kom vakansie hou.
Archie derde van links agter en Jack agter heel regs met die ou huis in die agtergrond.
Na Archie se dood het Jack by Johan-hulle gaan bly en in 1996 het Johan gevra of ons die huis by Jack kan koop want hy het nie meer geld om die huis in stand te hou nie en hyt ook nie meer geld vir sy daaglikse onkostes nie.  Ons het toe ingestem en ooreengekom dat ons maandeliks aan Jack afbetaal.  Dit was in 1996.

Desember1996 het ons toe vir die eerste keer as n familie hier kom vakansie hou nadat ons die huis reggemaak het en nog vertrekke aangebou het.  Wilhelm Lochner was die argitek wat ons daarmee gehelp het en Willem Fick was die bouer.  Om van Pretoria af dinge by die see wil laat doen is omtrent onmoontlik so die huis soos hy vandag is is eintlik vir my n wonderwerk.
Daardie jaar het my ma en pa saam met ons gekom en Attie, my broer en sy gesin het ook voor kersfees hier kom kuier.  Eendag het ons besluit om te stap van Oesterbaai na Cape st Francis.  Johan Alberts het hier verby geloop en gese dit vat so n uur na n uur en n half.  My pa het ons almal met die kombi gaan aflaai inOesterbaai.  Die hondjies het ook saamgegaan en elke ou was gepantser met n vrugtesappie wat ons so na n halfuur, gedrink het.  Die kinders was kaalvoet want ons het gedink ons sal strandlangs loop.  By die huis het my ma, ouma Lien, haastig haar bestanddele reggekry om ons te verras met warm skons as ons terugkeer.
Rheinie agter 4e van links met haar donkerbril op
Die strandlopery het nie gerealiseer nie en ons moes begin oor rotse klim en klouter.  Later het ons gedink dit sou gouer gaan om deur die bosse te loop.  Daar was geen voetpaadjies nie en ons moes soms oor die bosse val.  Om elke draai het ons gedink dit sal die laaste draai wees en met skok agtergekom dat die vuurtoring net nie nader wil kom nie.  Toe ons uiteindelik by die draad van Cape St Francis kom was dit 6 ure later.  Toe my broer se dogter Rheini 18 jaar oud aan die einde van haar matriekjaar oorlede is was my droom om nog eendag weer Oesterbaai te stap met T-shirts aan waarop Rheini staan, ter nagedagtenis aan haar.  Wie weet miskien kan dit nog eendag waar word.

Laas jaar het n resep in die Sarie-kos van n tarentaal-pastei gesien en het begin soek na n tarentaal .   Bianca het uitgevind dat ek dit in Johannesbrug kan koop maar teen n fenomenale prys.  My swaer Johan het toe by sy seun Philippie n makou gekry en hier aangebring vir my.  Ek was nie lus vir die swart makou nie maar eendag besluit ek toe om dit voor te berei.  Ek het die makou in stukke gesny en n week in karringmelk ge marineer.  Twee dae se kook het gevolg en uiteindelik het ek sagte swart vleis gehad,  Ek het die bene verwyder en gedink al manier om die mense te kry om hierdie swart vleis te eet is om klein pasteitjies te maak wat ek met n soet jam bedien het.  Na so ses pasteitjies se vouery het ek vir Hendrik my bediende se seun gese ek dink hys lus om te leer om pasteitjies te maak.  Ek het hom gewys hoe om dit te vou en ons het die heelvakansie as ons gaste gekry het klein "wilds" pasteitjies bedien.  Ons het naderhand moeg geword daarvoor en ek sit nog met gevriesde pasteitjies.
die eend

Hierdie jaar het ons gedink dit gaan n eensame Desember wees met Carissa in Creutswald en Johan en Bianca in Singapoer.
Ouma wat nou 89 is het saamgekom en was nog so fiks dat sy appelkoosjam gekook het en ook 60 vetkoeke gebak het.  Ouma het kersoggend die prys gekry vir die oudste persoon by die kersdiens.
Die oudste twee kinders en hul wederhelftes het toe afgehad oor die kersnaweek en het sommer afgevlieg vir die langnaweek.  Wat n wonderlike verassing vir ons - spesiaal Luchelle wat pas swanger geword het!
Mostert se ma en dogter was ook hier vir kersfees.  Ingrid is n week vantevore geopereer vir kolonkanker en het met haar positiewe gesindheid bygedra tot n heerlike kersdag. Philip se broer het ook kom kuier en een van sy vriendinne was ook hier vir drie dae.  Johan Schoeman, Philip se eerste jaar  kamermaat het sy vrou Ina n jaar gelede verloor.  Sy het asbestose gehad en hul dogter Lizma wat in n rolstoel is agv Lupus was ook hier vir drie dae.

Sou hierdie huis by die see n plek wees om meer liefde te gee?  Sou hierdie huis n plek wees om meer om te gee vir mense wat dit nodig het?  Wat kan ons nog doen?
 en sal ons Bobby van Jaarsveld se nuwe liedjie:
"Spieeltjie spieeltjie se vir my, hoe sien ander mense my" maar ignoreer en dalk net ons hart volg?