Ek help my skoondogter die afgelope maand om n nanny te soek vir ons eerste kleinkind wat in Augustus gebore word.
Ek doen navraag. Vra by die gim. Vra by die tennis.
By die gim is n vrou wat nounet n nanny vir haar gekry het. Sy gee my n nommer van een kandidaat wat sy nie gevat het nie. Ek bel haar. Sy klink baie gretig vir die werk. Sy bly in Shoshanguwe. Het n baba van drie maande en sal moet donker opstaan as sy wil kom werk. Wat as sy nie betyds in die oggend is nie? Wat as haar eie kind siek is. Ons se vir haar ons sal haar laat weet .........
By die tennis is n vroutjie wat getroud is met n ambassadeur. Hulle vertrek die einde van die maand terug na hul geboorteland. Ek vra oor haar nanny. Sy kom van Zimbabwe, het n kind nog daar. Is nie getroud.
Bly by haar vriend wat by die ambassade werk. Wat nou as die nuwe ambassadeur kom en hul wil haar in diens neem? Sys vriendelik skoon en teruggetrokke. Ons se vir haar ons sal haar laat weet........
Intussen registreer my skoondogter op die internet om kandidate te kry vir au-pair. Sy kies vier en ons reel onderhoude.
Die oulike vrou, ook van Zimbabwe, is vriendelik slim en sekerlik bekwaam. Sy vra waar bly my skoondogter. O se sy sy het ook drie jaar daar gebly met haar nuwe man. Sy ken die kompleks. Ons vra watse werk het sy gedoen. Kinders van n familie grootgemaak in Zimbabwe. Toe sy hulle groet het die een kind gese sy moenie gaan nie, toe antwoord sy hulle kan kontak hou met facebook! Sy gesels land en sand. Vertel van liefdadigheidswerk wat sy doen, kursusse wat sy al bygewoon het. Sy skoon en netjies.
Ons se vir haar ons sal haar laat weet..........
Ons sien n dame in haar veertigs. Syt vyf kinders, darem al taamlik groot. Is moeg vir professionele werk. Wil nou net rustig n baba oppas.Sy se sy kan lekker sit en lees as die baba slaap. Sy werk nie vir geld nie..... Ons se ons sal haar laat weet..............
Ons hou van die volgende aansoek. Syt n foto waar sy n baba liefderik in haar arms vashou. Sys vriendelik en netjies. Het met die bus gekom en gaan weer met die bus terug. Haar man pas karre op. Haar kinders is in die koshuis iewers, die skole hier is nie goed nie. En wie het die foto van jou op jou CV geneem?
Dis n foto wat sy sommer van die internet afgetrek het. Die bus loop nie tot by ons nie. Sy se dit maak nie saak nie sy sal loop. Sy sal na-ure werk, naweke net soos dit vir die werkgewer sal pas.
Ons se ons sal haar laat weet .........
n Dame in haar twintigs is die laaste aansoek. Sys geskei, twee kinders van 3 en 8 jaar. n Vriend laai haar
af vir die onderhoud. n Ander vriend kom haal haar na die onderhoud. Sy skoon, netjies en intelligent.
Syt nie werk nie, is lief vir kinders. Sy bly ver, by vriende. Sal nader kom bly as sy die werk kry, by ander vriende. Sy se sy het n kar. Maar syt nie met die kar gekom nie.
Ons se ons sal haar laat weet..........
Wie kan jy met jou kosbaarste besitting vertrou??????
No comments:
Post a Comment