Hier volg die toesprakie wat op 29September gemaak is met die laaste ete vir Carissa Maude voor haar sewe maande kontrak in Frankryk.
Die takkies wat ek vanaand in my blompot het se naam is Amatungla in Zoeloe.
Daar is talle redes hoekom ek hierdie plantjie by die see in ons tuin geplant het:
Dis een van die mooiste tuinstruike in Suid-Afrika
Die spierwit blomme het n soet ruik en die vruggies is eetbaar.
Die struik is langlewend en immergroen.
Die blare is blink en aantreklik.
Die struik bied beskutting vir menigte kleiner plantjies en word dikwels geplant as veiligheidsheinings.
Dit groei maklik en is tuis in skaduwee.
Laastens, hulle het dorings wat seer kan steek.
Waarom is die plantjie se naam dan ook Carissa?
Omdat:
Sy pragtig is. Sy n vertrek vul met n heerlike reuk deur haar sprankelende persoonlikheid.
Sy beskerm haar familie en vriende. Ons kan na haar toe gaan vir beskutting, al is sy die jongste.
Al is hier 4 soorte Noem-noems in SA is ek seker hierdie plantjie sal ook groei in Creutzwald.
Daar sal sy gelukkig wees met pragtige blomme en blink blaartjies. Haar dorinkies sal haar beskerm
Omdat God hierdie plantjie en ook vir Carissa gemaak het glo ek dat dit met jou baie goed sal gaan.
Mag jy elke dag gelukkig wees en ons almal wens jou die beste toe vir die res van jou lewe........
Carissa st tweede naam is Maude. Sy is vernoem na haar ouma(Maude Hughes later Nel) wat weer vernoem is na haar tannie.
Die tannie het oorsee gebly.
Ek het n rukkie gelede hierdie wonderlike vertoning Afri-Frans gaan kyk. Die hoofsanger se naam is natuurlik ook Maud. Sou daar enige ooreenkomste wees tussen hierdie twee Maudes?
Albei is verskeie tale magtig.
Myra Maud "GEE KLAS" in Gospel-musiek, Carissa :GEE KLASSE" in Engels en Frans.
Altwee hierdie Maude's is mal daaroor om te dans, hul is albei gevoelsmense, ervaar emosies baie intens,
en soos die noem-noem versprei hul die aangenaamste reuk oral waar hul gaan.
Daar is nog so baie om oor Carissa te se, gelukkig kan ek blog so lank ek daartoe in staat is, en kan ek al my kosbare ervarings met my blog lesers deel, dalk kan my kleinkinders ook nog van my lesers word......wie weet.
die noem-noem |
No comments:
Post a Comment