n Man in die reddingskapsule vanuit die Chillie myn |
Gister is al die mynwerkers, 33 van hulle, op die 69ste dag uit die myn in Chilli gered dmv n koeelvormige reddingskapsule wat afgesak is tot onder(600m diep) waar die myners was, en een een het hul na die lig gekom.
Die gesondste man het eerste uitgekom vir ingeval daar fout sou gaan met die reddingspoging en die leier van die groep het laaste uitgekom.
Die buiteblad van Beeld het die opskrif gehad : Uit en Tuis. 'Ek het geweet God sou ons help.'
Toe gevra is aan die president van Chilli, Sebastian Pinara, wat die reddingspoging gekos het was sy opmerking dat dit nie saak maak nie want geldwaarde kan nie aan n lewe gekoppel word nie,
Die mynwerkers is n inspirerende voorbeeld van geloof en hoop.
Hoe het die tegnologie al verander nie! Toe my ma in die vroee 1930's skool toe gegaan het, sy was toe 10 jaar en haar suster Tinka 7,het hulle 7 myl ver met n karretjie en twee donkies gery. Daar was ongeveer 15 kinders in hierdie plaasskooltjie en almal het van donkies gebruik gemaak, want se my ma, n perd het nie die uithouvermoe van n donkie nie. Om die skool was n kampie wat nie eers n morg groot was nie en daar het die donkies geloop tot eenuur wat die skool uitkom. Na skool moes die twee sussies die donkies vang en inspan. In 1933 was daar n vreeslike droogte en elke middag as die tweetjies huis toe ry het die stof opgekom en soms was dit donker van die stof, my ouma het dan alreeds die kerse opgesteek in die huis so donker was dit.
Maar daar is altyd HOOP. Op die 5e Desember, my oupa se verjaardag, het dit vir die eerste maal gereen.
Dit was toe so laat in die jaar, en planttyd reeds verby, dat die regering trekkers gestuur het om die boere se lande te kom ploeg . Die osse was so maer na die droogte dat hulle nie kon werk nie.
Daar het toe twee jong wit mans gekom, een se van was Biset, n baie mooi man, se my ma, en die dag toe hulle klaar is en groet sy hy vir my ma se oudste suster, Liz: "see you in Hollywood." . Liz was toe 16jaar oud en baie mooi.
Ons gesin het nie met donkies oor die weg gekom nie maar het n groen Datsun bakkie gehad vir jare wat ons tweedehands by my man se broer gekoop het. As enige motor gestaan het was die bakkie altyd daar tot ons redding. Lisca het plat gele in die bakkie as ons haar Girls High toe moes neem want syt gese al die kinders kyk vir haar. Ek het altyd voorgestel dat sy dan met haar fiets moes gaan maar daarvoor het sy ook nie kans gesien nie.
Ons het n baie slim tuin man gehad, Johannes. Hy het altyd die bakkie reggemaak as hy stukkend was en ook heelwat dingetjies in my huis vir my gedoen. Nadat hy sy eie bakkie afgeskryf het het hy gevra of hy die groen bakkie kan leen, en ons het ingestem. n Paar maande daarna het hy eendag gebel en gese die bakkie is voor n huis gesteel waar hy gewerk het. Johannes het ook nie lank daarna, die tydelike met die ewige verwissel. Die groot siekte van ons tyd HIV het ook sy lewe geeis.
Ek mis baie dae vir Johannes en ek mis nog meer ons groen Datsun bakkie. My motor wat ek nou mee ry, oom Hugo, kan net nie doen wat die groen bakkie gedoen het nie.
Of die jakarandas nou blom of nie, of jy nou ry met n donkie of n groen ou bakkie, of jy nou onder in n myn vasgekeer is, een ding bly staan: daar is altyd HOOP.
No comments:
Post a Comment