Hoe jou hare lyk kan jou voorkoms bepaal.
My vorige haarkapper was n springbok. Sy salon was nie rustig nie. Hy was gewoonlik in n argumnent met sy kollega en sy kliente moes na hul stories luister. My nuwe haarkapper is Afrikaans en het styl.
Daarom gee ek nie om om Johannesburg toe te ry na sy salon nie. Die werkers daar is natuurlik almal Engels sprekend. Vrydag vertel die een vir my dat hul die oggend drama gehad het by die sentrum. n Nigerier het blykbaar iemand met n motor gejaag wat gesteel het. Hulle het opmekaar geskreeu en almal het buite toe gehardloop om te kyk wat aangaan. Dit is 2010 in Suid-Afrika.
My ma wat gebore is in 1920 se in hul tyd was daar nie sjampoe nie. Hulle het hul hare met sunlightseep gewas en met reenwater afgespoel. Daarna het hul dit ingedraai met krullers wat genoem is Queen Bess.
Dit was sulke lang plastiek stokkies waarom jy jou hare gedraai het en dan was daar n ekstra lus wat oor die hare gegaan het en vasgehak het. Jou hare het baie verniel met die krullers. Die droogmaak was natuurlik in die son.
Op die plaas het my suster in die vakansies eiergeel en suurlemoensap in haar hare gevryf om dit te "voed".
Daarna het sy dit ook afgespoel in reenwater en dan het sy die hare in een rigting om haar kop gedraai en n sykous daaroor gespan. So het sy dan ontslae geraak van haar krullebol. Jy mag dan net nie in die reen loop nie of toelaat dat die stoom van die bad jou hare van vooraf laat krul nie.
n Familielid se dogter het die manier gehad om haar borsel in haar hare te draai en dan kan sy die borsel nie uitkry nie. Hoekom sy dit oor en oor gedoen het kon ek nooit verstaan nie. n Swart vrou het nou die dag vir my vertel hoe sy die vlegsels om haar kop doen. Dit vat ure lank om te doen en hou vir ses weke. Hoe was jy jou kop? het ek gevra toe antwoord sy jy vee jou kop net af met n waslap.
My pa het altyd vertel dat n vlermuis binne jou hare kan koek en vassit. My seun vertel dat hy gistraand gevoel hoe iets op sy kop sit. Hyt maar net afgevee en verder geslaap. Later die dag vind hy en sy vrou "droppings" in hul slaapkamer en begin rondsoek. Hul vind toe die arme vlermuis in hul kamer en hy help toe die vlermuis uit die venster uit met sy tennisraket.
Hoekom het die vlermuis nie op sy kop in sy hare vasgekoek nie?
Waar sou die vlermuis gesit het?Add caption |
Onthou Oupa se storie van hoe party hare binne toe krul? x
ReplyDelete